Simply Me and My Thoughts

My Opinions And Thoughts

Archive for Mei, 2009

Random New Post … Hehe

Bygedra deur nadinesmit op Mei 1, 2009

Ok, so ek suck regtig as ‘n blogger… Skryf was nog nooit regtig vir my spesifieke pret nie, ek hou baie baie meer van praat – soos die wat my ken, julle weet…

Anyway… Ek is nou hier…

Universiteit is net awesome en BESIG… seriously daar is net sooooo baie wat ‘n mens kan aanvang hier… en die koshuis het ook mal baie aktiwiteite…

Ek voel regtig nie meer so erg overwhelm nie en ek voel eintlik tuis daar – nie verbasend nie though… Mens begin mos maar jou eie lewe as jy eers so kinda uit die huis uit gaan…

So ver was dit ienkmelodienk, serrie, gholf dae, laat aand raids, vroee oggend bed toegaan tye, McD’s, lekker koshuiskos, vergeet om te boek Mc’D’s, spontane kuiertjies saam die greatste vriende ooit, socials saam ons almal se fav manskoshuise… Wow, ek kan regtig nie klae nie… hehe behalwe vir die feit dat ek koshuis in en uitasem deesdae…

Varsity – almal weet mos studies is maar tweede op die lysie vir ‘n baie lang tyd… ek het darm nou al weer bietjie begin werk, mens kan net so lank op jou gat rond skuur… maar dinge lyk goed, as jy jou kant bring dan kom mens iewers…

Ek het lank daaroor gaan dink en ek kan nie regtig sê ek mis hoërskool nie – ek mis wel baie van my vriende – alhoewel ek nog kontak het met die meeste van hulle… en ek mis soms die eenvoud, want dis nie ‘n geheim nie, varsity is HECTIC en baie moeiliker as skool – obviously… maar ook baie baie meer FUN!!

Ek dink ek sal verewig kan skryf oor als wat daar aangaan… en oor al die dinge wat mens daar vind… baie mense vind op varsity die kans om een honderd persent hulself te wees – ander vind geluk daarin om vir eens deel te wees van die groep…

En kyk stereotipering is groot op varsity – darm niks erg mean nie, net die occasional commetn of so… maar kyk bv. koshuise het elkeen ‘n rep en as jy daar gaan bly word jy deel van die rep… dit maak dit intlik fun want jy kan die rep kies waarmee jy gemaklik is… of net daar gaan bly omdat jy blyplek nodig het soos baie – mens noem hul koshuis slypers… haha sien nog stereotipering…

Ek moet comment though dat ek myself nogal baie daaraan skuldig maak…

Wanneer daar gepraat word van punte – is die eerste vraag – is daai persoon ‘n daily…

Wanneer daar van die ingenieurs gepraat word, dan vra mens altyd – hoe was jou ingenieursweek…

En die enigste manier wat jy werklik al hierdie dinge kan beleef is deur varsity toe te gaan as jy die kans kry… dit het my ook geleer dat dit nie altyd soseer varsuty is nie – dit is hoe betrokke jy is by dit wat jy doen…

Luister bietjie na my – vra my iets – oor koshuis atleast – en ek sal heelwaarskynlik ietsie daaroor kan sê… ek voel ek is baie betrokke – en dis die punt…

Maak nie saak waar jongmense hulself in die lewe vind vandag nie, al hoe mens kom bo water kan hou is om daadwerklik betrokke te wees! Jy moet betrokke wees in die vorming van jou toekoms… jy moet betrokke wees by jou vriende… jy moet betrokke wees in dit wat vir jou saak maak… jy moet betrokke wees in dit wat vir jou fun of geluk bring… JY moet betrokke wees in jou geloof…

Ons is almal nog jonk en die tyd staan nie stil nie… niks in die lewe kan werklik great wees a dit nie met passie gedoen word nie… om voluit te lewe is hemels en lekker en net pret!!

Die verkiesings wat nou verby is het ook hieraan laat dink… daar was regtig baie studente wat die moeite gedoen het om in een van die vele lang rye te gaan staan en hul merk te maak… maar dan wonder mens hoeveel van hulle  het dit net gelos… Haha, hul kon natuurlik soos ons gemaak het en ’n korter ry gaan soek het – met sukses moet ek byvoeg…

Baie van die studente was betrokke by die doen en late van politiese goed die laaste tyd, en hul het hulself laat hoor…

Ons is almal verantwoordelik vir die vorming van ons eie toekoms… as ons dit immers nie gaan doen nie, wie gaan??

Ek dink hierdie was ‘n baie random post, nes ek ‘n baie random persoon is… ek gaan ook nie die ding deur lees wer om te sien wat ek geskryf het nie – so as dit nie sin maak nie – oeps…

Sal bietjie meer gereeld begin blog – daar is baie waaroor ek bietjie my opinie sal wil lig met tye…

Footnote – van die van julle wat stoere boekwurms is en nog nie twilight gelees het nie – doen dit gerus… dis regtig net ‘n lekker stuk romantiese, wegbreek fantasie…

Posted in Uncategorized | Leave a Comment »