Simply Me and My Thoughts

My Opinions And Thoughts

Archive for September, 2008

Badseloop Skoolverwisselingskamp

Bygedra deur nadinesmit op September 30, 2008

Ok, so die kamp is al amper so drie maande gelede gewees, maar ek het nou eers die kans om daaroor te blog…

As ek moet din aan woorde om dit te beskryf kom amazing tot gedagte – en life-changing, alhoewel dit so bietjie drasties is, maar ook in ‘n mate nie. Die kamp is ‘n kerk kamp vir graad sewe leerders van verskillende gemeentes wat handel oor die tipe issues wat hulle moontlik kan teekom op hoerskool. Ek was self 5 jaar terug op die kamp, myne was net op Kruisrivier, Die ene was op Badseloop – net anderkant Naboomspruit iewers.

Ek wou nog altyd weer ‘n kamp bywoon, maas as een van die leiers – maar ek het net nooit daarby uitgekom nie. Die jaar het Cobus my weer gevra/genooi om te gaan en ek het gevoel ek wil die geleentheid met albei hande aangryp. Ek’s nie vir een oomblik spyt ek het nie. I had the time of my life!!!

Die kamp het afgeskop met ‘n personeelnaweek. Almal het mekaar ontmoet en ou pelle het gegroet. Die busrit soontoe was al klaar lekker. Ek moet noem, ek was regtig nervous daaroor, want maak nie saak hoe loud of outgoing ek kan wees nie, ek het werklik amper niemand geken nie, net Cobus om presies te wees. Wel, ek kan gelukkig se die nervousness het verdwyn die oomblik toe ke op die bus klim. Daar was meer mense wat in dieselfde bootjie as ek was, maar nie net dit nie, dit was die niceste mense ever.

Ek het al ‘n baie groepe mense moes funksioneer, waar die verskeidenheid persoonlikhede regtig probleme veroorsaak het onder party en daar was altyd die mense wat net met sekeres oor die weg gekom het. Maar ek het die teendeel op hierdie kamp beleef, en al was dit my eerste, is ek seker dit was besonders. Die eerste ding was ek altyd vertel is hoe verbaas ek was om so ‘n groot verskeidenheid mense so goed te sien click. Ek meen wow!!! Dit was amazing dat ons almal net oor die weg gekom het. Ek dink dit het iets met die setting te doen ook though. Mense was op kampe gaan is gewoonlik outgoing mense wat goed doen tussen vreemdes, ons was immers daar om met graad sewes te werk en dan is daar die feit dat dit ‘n kamp was. Jy gaan na ‘n kamp met baie vooruitsigte, en een van die is verseker om nuwe mense te ontmoet en om nuwe vriende te maak.

Dit was die regte mindset! Eerste rede waarom ek dit geniet het. Hehe, kyk ons het van dag een af al nat geword en aktiwiteite gedoen wat ons almal laat bond het. En die lang discussions was ook pret en almal kon hul opinie lewer , hehe, en natuurlik het ek ook, soos gewoonlik. Die heel eerste aand het ek eers 2uur die oggend gaan slaap, want ja, ek en Cobus het gesit ek kuier. Ons het so lanklaas, so dit was ‘n lekker lang opvang sessie. Daarna het ds. Nelius en Cobus ‘n gesprek gehad oor sy “boek”. Ek gaan nie eers probeer om te tik waaroor dit gaan nie, een, omdat ek nie heeltemal seker is nie, en die kanse dat ek dit na die een gesprek reg verstaan, is baie skraal. Dit was net lekker om te kan luister, en ek het gevolg, al het ek nie als verstaan nie. Dit het ook ‘n lekker gesprek tussen my en Cobus geinspireer – waaroor hy op teoatup geblog het.

Die volgende oggend was nogsteeds deel van die naweek en het ons nog ‘n paar aktiwiteite gedoen. Die spanne is daardie aand aangekondig en die volgende dag het die graad sewes gekom. Ek het ‘n baie lekker span gehad, die gees was hoog en ons het baie lekker saam gewerk. 

Die ding wat ek die meeste van die kamp geniet het, is die ondervindinge en my invloed oor ander mense se lewens, maar die belangrikste, die invloed wat die mense op my lewe gehad het. Ek kon iiets uitleef op daardie kamp, en dit was die voorreg om die klein lessies wat ek al in my lewe geleer het, met die jonger tieners te kan deel. Baie van die dinge wat ek vandag weet, sou nice gewees het om vroeer te hoor, al sou ek tien teen een nie geluister het nie, alhoewel daar nog altyd ‘n paar dinge is wat gestick het en my kon lei deur die hoerskool.

Daardie graad sewes het werklik geluister na wat ek en die ander gese het, en hulle het opgekyk na ons. Dit was ‘n huge verantwoordelikheid en ‘n voorreg. Hulle het goed met ons gedeel wat hulle pla en hulle het oopgemaak teenoor ons, elk met hul eie probleme en issues. Ek hoop ons kon hulle iets leer. ek het ook baie oor myself geleer en weer van nuuts af besef van waar al my krag kom. Die besige jaar het my regtig uitgeput en die wegbreek het m baie goed gedoen.

Ek het ook besef ek het ‘n passie om met mense te werk. Nie in die maatskaplike werker manier nie, in die luisteraar en soms raadgewer manier. Ek is baie lief daarvoor om mense gelukkig te sien en om te sien hoe mense hul drome uitleef.

En die postkampdepressie (PKD). Ek het ‘n paar mense daaroor hoor praat en maak nie saak hoe baie ek dit geniet het, of met almal gebond het nie, kan ek darm se dis iets wat ek nie beleef het nie. Ek sien uit daarna om die mense weer te sien, maar ek besef dit was ‘n kamp. Dalk het dit baie gehelp dat ek dadelik terug was by die skool na die kamp en nie regtig tyd gehad het om daaroor te wonder nie. Ek was terug in roetine. 

Anyway, ek het regtig net begin tik met ierdie post en dit baie geniet. Dankie vir die greatste ervaring ooit. Wil beslis weer gaan volgende jaar.

Posted in Uncategorized | 2 Comments »

Piet Retief Kuiertjie

Bygedra deur nadinesmit op September 30, 2008

Ha-tissue-llo

Hehe, dis definitief tyd vir ‘n visit, ek was veels te lank laas hier. Die stof vergader al! Dink dis tyd dat ek weer bietjie skryf en my gedagtes hier uitkry!

Ek was die naweek in Piet Retief en dit het nogals baie ou gevoelens en herrineringe wakker gemaak. Hoe het my ouma nog gese, ”jou wortels le hier”, en ek stem saam met haar. Ek sal nie vir een oomblik se dat ek ongelukkig is nie, en as ek tyd kon terugdraai en die kans kon he om dinge te verander, sou ek weer Ermelo toe wou trek. Ek weet my ‘destiny’ het hier gele vir die laaste 5 jaar – nes ek glo die volgende 5 jaar by Tukkies le. Anyway, dit was my vriendinne se matriekafskeid en ek het ‘n lift gehad, so na Vrydag se ridiculous LO vraestel het ek gepak en die pad gevat, vir die naweek.

Dit was amazing om weer daar te wees. Besides my maatjies was uiters gorgeous gelyk het, en die effense sadness wat oor die afskeid gehang het, was dit lekker om hulle almal weer te sien. Ek het ook weer lekker tyd saam met my ouma spandeer. Saterdag was natuurlik die groot dag. 9uur daardie oggend was ek al reeds in Mama Mia vir my eerste kuier van die dag. Bernard – wat soos my jonger broer is – het my kom kry en daar het ons in een van my ou onnies vasgeloop. Het eers met Mnr. Botha gestaan en chat, en later gesit toe die chat naderhand gestrek het na 2ure. Hehe, kon bietjie skinder oor die ou daeen koor en wat my planne is vir volgende jaar. Ek het lanklaas so hard en lekker gelag en dit was great om bietjie te hoor wat maak die mense daar in my ou tuistedorpie.

Ek en Bernard het ook goed opgevang gekry en ek’s bietjie geintroduse aan hom en sy broer se favorite pc game. Haha. Ek dink die eerste 5ure van my dag, was die intelegente gespekke, want kyk, dis wat ons gehad het. Snaaks genoeg, sedert die skoolverwisselingskamp, duik die topic ’persoonlikhede’ oral in my gesprekke op. Dit is vir my ‘n baie interesante topic.

Die tweede 5ure van my dag het ek saam met Maretha, Annemarie en Christelle spandeer in Spur. Wow, die ou memories wat daar uitgekom het was hilarious en ons het al die pad geskaterlag oor al ons ou mannewales. Ek het dit geklassifiseer as die ‘meisies’ deel van die dag. Jap, die topics was, matriekafskeidrokke, ouens, liefdeslewens, ons toekomsplanne en net algemene deel van snaakse experiences en ander goed wat goeie vriendinne altyd met mekaar deel.

Ek het voor die naweek nie regtig besef hoe diep my wortels daar werklik le nie. Dit bly tog die plek waar ek groot geword het. Die jaar was hectic, en ek het maar min tyd gehad vir kuier en in touch bly met my vriendinne. Die kort tydjie het my daardie geleentheid gegee. Jy moet nooit die krag van ‘n goeie opvang sessie onderskat nie. Ware vriende is die wat – ja, almal se dit – altyd daar is. Jy moenie jou vriende af te skeep nie, maar oor 5 jaar kan langafstand vriendskappe onderhou word – al is dit net met ‘n vinnige chat elke twee weke op een keer ‘n maand.

Vriende gaan jou nie afskryf net omdat jul mekaar min sien nie, en die feit dat dit so lank kan hou en nog sterk kan wees na soveel tyd, se iets van die vriendskap. mense kom en gaan in jou lewe en party is gemaak on te bly. Dankie vir jul vriendskap – aan al die mense wat in my lewe is huidiglik, julle is die wat ek altyd daar wil he.

Mwah

Posted in Everyday... | Leave a Comment »